top of page

Die Pyn wat Niemand Kon Sien: 27 Jaar van Lewe met CRPS

7 hours ago
3 min read

Ek is Karel Mouton, 59 jaar oud. Was 25 Oktober 1999 is n motorongeluk waarin ek slegs kopbeserings opgedoen het.(voorkop, gesig en kakebeen) Dit 27 jaar gelede. Ek was vir n maand in n geinduseerde koma in die Sunninghill Hospitaal. Dr. Martin Lewer-Allen was die neuro-chirurg en Dr Tsakiris was die maxilla facial chirurg.


Ek het bygekom met ongelooflike brand sensasie in my buite-voorarms en die buite gedeelte van my hande(laaste drie vingers). Ek en niemand anders het n begrip gehad wat die oorsaak van die pyn kon wees nie. Dit is n konstante pyn, dag en nag. Myelograms en scans het geen besering in die senuwees van my nek aangedui nie. Daar was geen aanduiding wat die oorsaak van die pyn kon wees nie.


Dr. Lewer-Allen het Tegratol tablette voorgeskryf en dit sou my medikasie wees vir n jaar.


In 2001 het ek my duim gebreek en Dr. Phil Webster het as ortopeed op my gebreekte duim ge-opereer. Tydens konsultasie het Dr. Webster my pyne as n neuropatiese kondisie gediagnoseer en n medikasie-mengsel van Venlor(1x150mg), Epleptin(3x600mg) voorgestel, wat die Tegratol vervang het. Die generies vir onderskeidelik is deesdae Venlafaxin en Gapapentin(dieselfde dosisse). Soms vergeet ek om die medikasie te neem, of het ek nie die medikasie by my nie. Ek het al ook probeer om myself vanaf die medikasie te ‘speen’, aangesien dit n baie duur oefening elke maand is….. Wanneer ek nálaat om die medikasie te neem, is die brandsensasie ondraagbaar en verval ek in n baie diep depressie!


Die hof het díé padongelukke fonds beveel om my mediese uitgawes elke maand te dek, die fonds is bankrot en het in 2022 gestaak om enigsins, enige vergoeding op my maandelike uitgawes te doen. Ek betaal ongeveer R 1 500 aan die gemelde medikasie.


Ek beleef dae per maand waar die pyn 3 uit 10 is maar beleef ten minste 17 dae, elke maand waar die sensasie bo 8 uit 10 is.

My gemoedstoestand word uiteraard bepaal deur die vlak van pyn wat ek beleef, of andersom…. As ek depressief of angstig is, kan ek terselfdertyd verwag dat die pyn gaan toeneem.


Ek is 3 jaar na my ongeluk geskei. Geen mens het opgelet dat ek van n ekstrovert in n absolute introvert verander het nie. Meditasie, assosiasie, langpad-ry’, ‘dagdrome’ en óéfening, is saam met my medikasie, die enigste verlig wat ek ervaar. Dopamien en serotonien, wat met oefening gepaard gaan  veroorsaak groot verligting vir om-en-by 3 na 4 ure, waarna die pyn terugkeer.


Ek kan met sekerheid sê dat ek my werk 6 jaar gelede as gevolg van my sielkundige-toestand verloor het. Vlug-of-veg het met die interpersoonlike noodsaak van my werk toegesien dat n agressiewe insident gelei het tot my afdanking. Geen begrip en empatie vir my ‘mediese kondisie’ nie. Volgens die lys van àlgemene mediese kondisies, bestaan CRPS nie. Dit is slegs in die mediese wétenskap dat sommige dokters dálk daarvan bewus was. CRPS, as n chroniese mediese toestand word níé deur die mediese erken nie, hulle is bereid om van CRPS kènnis te neem, maar nie dit verder te ondersoek, na te vors, of te behandel nie.


Ek het 2 Spaniels gehad. Een is baie onverwags dood toe sy net n toeval gekry het en haar broer(die reuntjie) moes kaap toe verhuis toe ek Namibië moes gan werk. Die hond is só gelukkig daar en dit sal baie selfsugtig van my wees om hom te wil trug hê. Maar dit is baie eensaam sonder hom hier.

Comments


You don't have to face it alone.

Explore

​

Get help

Partner with us

Get involved

Our work

Contact us

Get in touch​

​

+27 10 594 3844

Support hotline: +27 72 476 7552

hello@rarediseases.co.za

Find us​

​

39A Kingfisher Drive

Fourways, 2191

Johannesburg

NPO 120-991    NPC 2016/071131/08    PBO 930060119
© 2026 Rare Diseases South Africa NPC.  Rights reserved.   Privacy policy   

bottom of page